Skip to content

Sokker: Manchester United begin span herbou met kontraktering van Cunha van Brasilië

# Sokker: Manchester United is gereed om die Brasiliaanse internasionale speler Matheus Cunha te kontrakteer nadat hulle aan die uitkoopklousule van 1,5-miljard-rand in sy kontrak met Wolves voldoen het. Die Rooiduiwels het vinnig opgetree om met die herbou van Ruben Amorim se groep te begin na hul swakste seisoen sedert die Engelse reuse 51 jaar gelede gerelegeer is. United het 15de in die Premierliga geëindig en het in die Europaliga-eindstryd teen Tottenham verloor, wat beteken dat hulle nie volgende seisoen vir die Europese kompetisie kwalifiseer nie.