Skip to content

Sokker: Man United gaan nog poste sny om klub weer winsgewend te maak

# Sokker: Manchester United sê nog sowat 200 poste kan oortollig gemaak word in ‘n poging om die klub se finansiële volhoubaarheid te verbeter en operasionale doeltreffendheid op te skerp. Verlede jaar is 250 poste geskrap. United se inkomste van Oktober tot Desember was 4,6-miljard-rand, vergeleke met 5,3-miljard die vorige jaar. Die transformasieplan sluit ook die einde in van gratis personeel-etes by Old Trafford. Die uitvoerende hoof Omar Berrada sê die plan wil die klub laat terugkeer na winsgewendheid na vyf agtereenvolgende jare van verliese sedert 2019.