Skip to content

Sokker: Mamelodi Sundowns skop hulle Klub-Wêreldbekerveldtog af met ‘n sege

# Sokker: Mamelodi Sundowns het hulle veldtog in die Klub-Wêreldbekertoernooi afgeskop met ‘n oorwinning van 1-0 oor Ulsan HD van Suid-Korea in Orlando, Florida. Iqraam Rayners se doel in die 36ste minuut en doelwagter Ronwen Williams wat twee doelskietpogings gefnuik het, het die oorwinning aan die huidige PSL-kampioen besorg. Sundowns is nou bo-aan Groep F nadat die Bundesliga-klub, Borussia Dortmund, gelykop gespeel het met nul elk teen die Brasiliaanse klub Fluminense in New Jersey. Sundowns se volgende groepswedstryd is Saterdag teen Dortmund.