Skip to content

Sokker: Mamelodi Sundowns behaal agste agtereenvolgende PSL-titel

# Sokker: Mamelodi Sundowns is as die Premier-sokkerliga se 2024/2025-kampioene gekroon nadat hulle Chippa United op die Buffalo City-stadion in Oos-Londen met 3-0 afgeransel het. Arthur Sales se twee doele en een van Iqraam Rayners het Masandawana se sege oor United, en hul agste agtereenvolgende en 15de algehele titel, beklink. Die oorwinning beteken ook hulle eindig hul derde opeenvolgende seisoen met meer as 70 punte in die liga. Hoofafrigter Miguel Cardoso van Portugal is die eerste nie-Suid-Afrikaanse afrigter in tien jaar wat die titel opraap.