Skip to content

Sokker: Luis Diaz skuif van Liverpool na Bayern Munich

# Sokker: Bayern Munich het die Premierliga-kampioen Liverpool se voorspeler, Luis Diaz, gekontrakteer vir ‘n bedrag wat volgens berigte kan styg tot 1,5-miljard-rand. Die Colombiaan het tydens sy tydperk op Anfield die Premierliga, die FA-beker en die Ligabeker gewen. Sy kontrak met die Bundesliga-kampioen strek tot 2029. Diaz het verlede seisoen 50 wedstryde in alle kompetisies vir Liverpool gespeel en 17 doele aangeteken. Arne Slot se span het die Engelse titel die 20ste keer ingepalm.