Skip to content

Sokker: Lucas Ribeiro van Sundowns benoem vir Klubwêreldbekertoernooi se doel van die toernooi

# Sokker: Mamelodi Sundowns se doelskieter, Lucas Ribeiro Costa, se verstommende solo-doel teen Borussia Dortmund is op die kortlys vir doel van die toernooi op die Klubwêreldbekertoernooi in Amerika. Hy het van sy eie helfte gehardloop om die eerste doel aan te teken in ‘n aksie-belaaide wedstryd wat hulle 3-4 verloor het. Ribiera is benoem saam met sewe ander spelers, insluitend Lionel Messi, Jamal Musiala en João Pedro. Sokkerliefhebbers kan tot Donderdag op FIFA se Facebook-blad stem. Masandawana is die eerste Suid-Afrikaanse sokkerklub wat in die toernooigespeel het.