Skip to content

Sokker: Liverpool verloor Alexander-Arnold weens besering voor Ligabeker-eindstryd

# Sokker: Trent Alexander-Arnold sal môre Liverpool se Ligabeker-eindstryd teen Newcastle misloop weens ‘n enkelbesering wat die verdediger ‘n lang tyd op die kantlyn kan hou. Hy is beseer in verlede Dinsdag se strafskop-nederlaag teen Paris St-Germain in die Kampioeneliga se laaste 16. Die 26-jarige se afwesigheid is ‘n groot terugslag vir Liverpool se hoofafrigter, Arne Slot, wat nou sonder ‘n erkende verdediger is vir die kragmeting met Newcastle op Wembley. Conor Bradley en Joe Gomez, wat gewoonlik in Alexander-Arnold se plek sou speel, herstel nog albei van beserings.