Skip to content

Sokker: Liverpool teken ‘n rekord-kontrak vir Florian Wirtz van Bayer Leverkusen

# Sokker: Liverpool het ‘n rekordhoë kontrak geteken vir voorspeler Florian Wirtz van Bayer Leverkusen wat soveel as 2,8-miljard-rand kan beloop. Berigte dui aan dat die Premierliga-kampioen 2,4-miljard-rand gaan betaal wat loshande hulle hoogste aanvanklike betaling sover is, maar wanneer prestasiegekoppelde voordele bykom, kan dit ‘n Britse rekord wees. Die bedrag wat Liverpool moontlik vir die 22-jarige Duitse internasionale speler kan betaal kan meer wees as wat Chelsea ingestem het om in 2023 aan Brighton te betaal vir Moises Caicedo. Caicedo het Liverpool se aanbod destyds van die hand gewys.