# Sokker: Die Premierliga-kampioen Liverpool het Alexander Isak van Newcastle teen ‘n rekordbedrag van meer as 290-miljoen-rand in Brittanje bekom. Die Sweedse doelskieter se kontrak by Anfield is vir ses jaar. Hy het die vorige seisoen 23 doele vir Newcastle in die Premierliga aangeteken en het in die eindstryd van die Carabao-beker met die wendoel teen Liverpool op Wembley ‘n einde gemaak van die klub se wendroogte van 70 jaar in ‘n groot plaaslike reeks. Isak is die agtste speler wat Liverpool in die huidige oordragvenster bekom.
Sokker: Liverpool kry Alexander Isak van Newcastle teen Britse rekord-bedrag