Skip to content

Sokker: Liverpool klop Everton en is stap nader aan Premierliga-titel

# Sokker: Liverpool loop weer met 12 punte voor op die Premierliga-punteleer na sy 1-0-sege oor Everton by Anfield. Diogo Jota se doel in die tweede helfte het die oorwinning in die Merseyside-derby beklink. Liverpool het slegs 13 uit ʼn moontlike 24 punte nodig om die titel te buit. Die heersende kampioene, Manchester City, is weer op die wenpad na ʼn 2-0-oorwinning teen Leicester. Ipswich, wat moontlik kan terugskuif, het hul eerste sege van die jaar behaal deur Bournemouth met 2-1 te klop. Newcastle en Aston Villa het ook koning gekraai.