# Sokker: Bafana Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, moes op die laaste nippertjie sy span verander vir vanaand se deurslaggewende Wêreldbeker-kwalifiseerder teen Rwanda in die Mbombela-stadion in Mpumalanga. Die doelskieter Lyle Foster moes weens ‘n besering onttrek en is vervang deur Ashley Cupido van Stellenbosch FC. Dit is vanaand Suid-Afrika se laaste kans om vir volgende jaar se toernooi in Noord-Amerika te kwalifiseer nadat hulle drie toernooipunte prysgegee het omdat hulle ‘n geskorste speler gebruik het, en verlede week se doellose gelykop-uitslag teen Zimbabwe.
Sokker: Laat verandering aan Bafana-span vir deurslaggewende Wêreldbeker-kwalifiseerder teen Rwanda