# Sokker: Die president van die Spaanse kompetisie La Liga, Javier Tebas, beskryf die afstel van die wedstryd tussen Barcelona en Villareal in Amerika as ‘n verspeelde geleentheid om die plaaslike spel te bevorder. Die Spaanse beheerliggaam het in Augustus goedkeuring gegee dat die wedstryd in Desember in Miami plaasvind, maar die besluit gister omgekeer na ‘n plaaslike teenreaksie, insluitend 15-sekonde-betogings aan die begin van verlede naweek se La Liga-wedstryde. Tebas sê die verdediging van sogenaamde tradisie is vanuit ‘n eng en provinsiale perspektief aangevoer.
Sokker: La Liga se president is jammer oor die afstel van Barcelona en Villareal se wedstryd in Amerika