Skip to content

Sokker: Kaizer Chiefs verloor 2-1 teen Vitesse in Nederlandse voor-seisoen wedstryd

# Sokker: Kaizer Chiefs het hulle voor-seisoen-toer in Nederland met ‘n 2-1 nederlaag gister teen Vitesse Arnhem by die RKSV Driel Stadion, begin. Reeve Frosler het die eerste doel vir Amakhosi in die 37ste minuut aangeteken, maar ‘n eie-doel vroeg in die tweede helfte deur Dillan Solomons het die telling gelyk gemaak. Andy Visser het die wendoel vir Vitesse in die 74ste minuut aangeteken. Chiefs speel Vrydag teen Utrecht met verdere wedstryde teen NEC Nijmegen, PEC Zwolle, en FC Twente.