# Sokker: Liverpool en Portugal se 28-jarige doelskieter, Diogo Jota, en sy 26-jarige broer, Andre Felipe, is dood in ‘n motorongeluk in die noordweste van Spanje. Die owerhede sê die Lamborghini het van die pad geloop nadat ‘n band gebars het terwyl die bestuurder ‘n ander voertuig verby gesteek het, en aan die brand geslaan. Jota en sy jarelange lewensmaat, Rute Cardoso, het net verlede maand getrou. Hulle het drie kinders.
Sokker: Jota van Liverpool sterf in motorongeluk