# Sokker: Die Italiaanse middelveldspeler, Bryan Cristante, hoop vir ‘n vol stadion wanneer sy land Dinsdag in Udine teen Israel speel in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder, ondanks ‘n boikot wat vroeër ingestel is. Groot groepe betogers word in die stad verwag, maar Cristante sê hierdie week se wapenstilstands-ooreenkoms tussen die strydende partye in Gaza kan dalk ‘n verskil maak. Vroeër die week was slegs vier-duisend van die beskikbare 25-duisend kaartjies verkoop. Noorweë is tans boaan die Europese kwalifiseringsgroep I, gevolg deur Italië en Israel.
Sokker: Italiaanse middelveldspeler hoop boikot van wedstryd teen Israel sal ná skietstilstand-ooreenkoms herroep word