# Sokker: Iran het die VSA daarvan beskuldig dat hy die land se kaartjietoekenning vir die Wêreldbeker-toernooi in Amerika, Kanada en Mexiko, wat Donderdag begin, herroep het. Die land se beheerliggaam sê die mede-gasheer het weereens opgetree om die teenwoordigheid van Iranse ondersteuners by stadions te belemmer. Iran speel al drie sy groepwedstryde, teen Nieu-Seeland, België en Egipte, in Amerika. Die reëls bepaal ‘n deelnemende span moet agt-persent van die kaartjies vir elke wedstryd ontvang. Iran sê ondersteuners het reeds reis- en verblyfplanne getref.
Sokker: Iran sê Amerika het sy kaartjietoekoenning vir Wêreldbekerwedstryde herroep