Skip to content

Sokker: Iqraam Rayners uit die Bafana Bafana-span weens mediese redes

# Sokker: Mamelodi Sundowns se voorspeler Iqraam Rayners is uit Bafana Bafana se deurslaggewende 2026 Wêreldbeker-kwalifiserende wedstryde teen Zimbabwe en Rwanda. Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging sê Rayners is weens mediese redes aan die groep onttrek. Evidence Makgopa is as sy plaasvervanger opgeroep. Rayners se onttrekking volg op dié van Orlando Pirates se voorspeler Relebohile Mofokeng weens ‘n besering. Suid-Afrika pak Zimbabwe Vrydag in Durban en Rwanda Dinsdag in Mpumalanga.