Skip to content

Sokker: Harry Maguire erken Manchester United was nie naastenby goed genoeg nie

# Sokker: Harry Maguire erken Manchester United was nie naastenby goed genoeg nie. Sy sukkelende span hoop om hulle seisoen te red deur die Europaliga-eindstryd te wen. United pak Tottenham vanaand in Bilbao, Spanje, met die hoop om die eerste trofee onder die bestuur van Ruben Amorim te verower. Die span is 16de in die Premierliga en bestem vir die klub se swakste uitslag sedert relegasie in die 1973/74-seisoen. Maguire is deeglik bewus daarvan dat dit onaanvaarbaar is vir ‘n klub met die status van United.