# Sokker: Kylian Mbappé het vir Frankryk geskitter toe die tweemalige kampioen Swede in New Jersey 3-0 verslaan het vir ‘n ontmoeting met Paraguay in die Wêreldbeker se ronde van 16. Mbappé het twee doele aangeteken en is nou een agter die Argentyn Lionel Messi as die voorste puntemakers ooit. In Dallas het Noorweë Ivoorkus 2-1 geklop vir ‘n ontmoeting met die vyfmalige kampioen, Brasilië. Die mede-gasheer, Mexiko, het Ecuador 2-0 verslaan en speel volgende teen Engeland of die Demokratiese Republiek die Kongo.
Sokker: Frankryk, Noorweë en Mexiko deur na laaste 16 van Wêreldbeker