Skip to content

Sokker:  Fluminense verpletter Inter Milan om Klub-wêreldbeker se kwarteindronde te haal

# Sokker:  Fluminense van Brasilië het gister in die Klub-Wêreldbeker in Charlotte Inter Milan met 2-0 verslaan en deurgedring na die kwarteindronde. ʼn Kopskoot deur German Cano het Fluminense ʼn vroeë voorsprong gegee met plaasvervanger Hercules wat die oorwinning laat in die tweede helfte beklink het. Fluminense is die tweede Brasiliaanse span wat die laaste agt haal nadat Palmeiras reeds hulle plek in die kwarteindronde bespreek het. Die Colombiaanse vleuel, Jhon Arias wat as Speler van die Wedstryd aangewys is, sê hulle verteenwoordig nie net Fluminense nie, maar ʼn hele vasteland.