Skip to content

Sokker: FIFA rig waarskuwing oor kaartjies vir Wêreldbeker

# Sokker: Kaartjies vir die eindstryd van die 2026 Wêreldbeker word op ‘n derdeparty-kaartjiebeurs vir tot een-komma-een-miljoen rand verkoop, ondanks die feit dat FIFA nog geen kaartjies te koop aanbied nie. Sky News het bevind die webwerf Vivid Seats het reeds lyste vir Wêreldbeker-wedstryde in Amerika en Kanada. Die wêreldbeheerliggaam vir sokker het nou ‘n waarskuwing aan ondersteuners gerig om lig te loop vir nie-amptelike webwerwe wat reeds kaartjies aanbied.