# Sokker: Die wêreldbeheerliggaam FIFA oorweeg ‘n voorstel om die mans-Wêreldbekertoernooi in 2030 uit te brei na 64 spanne. Dit sal gespeel word in Marokko, Spanje en Portugal, met wedstryde in Argentinië, Paraguay en Uruguay. Die toernooi is reeds uitgebrei van 32 tot 48 spanne wanneer dit volgende jaar in Amerika, Mexiko en Kanada plaasvind. Fifa se president, Gianni Infantino, sê die uitbreiding verhoog inkomste en gee meer spanne die kans om te kwalifiseer. Hy noem ook die behoefte om die sport wêreldwyd uit te brei.
Sokker: FIFA oorweeg eenmalige deelname van 64 spanne aan 2030 se mans-Wêreldbekertoernooi