Skip to content

Sokker: FIFA- bestuursraad herbevestig volle ondersteuning vir Infantino as president

# Sokker: FIFA sê Gianni Infantino sal die president bly en die bestuursraad het sy ondersteuning vir sy leierskap herbevestig. Dit volg nadat die beheerliggaam gister ‘n noodvergadering in Rabat, Marokko gehou het na toenemende kritiek teen Infantino se voorstel wat nou van die tafel af is. Hy wou aandele in FIFA-kompetisies aan privaat beleggers verkoop. Infantino en die sekretaris-generaal Mattias Grafstrom het om verskoning gevra vir hul “foute”. FIFA sê met die voorstel wat nou onttrek is, sal hy nie langer aanvalle op sy integriteit, goeie bestuur en werkwyse duld nie.