Sokker: Vyftig lede van die Europese Parlement het FIFA se etiekkomitee versoek om sy president Gianni Infantino te ondersoek vir die toekenning van ‘n ‘vredesprys’ aan die Amerikaanse president, Donald Trump. Die EP-lede het ‘n brief onderteken ter ondersteuning van ‘n klagte deur die Britse sportmenseregte-belangegroep FairSquare in Desember. Die brief sê FIFA se etiese kode vereis dat Infantino polities neutraal moet bly. FairSquare sê die brief is die belangrikste ingryping deur Europese beleidmakers in wanbestuur en reëloortreding op die hoogste vlak van wêreldsokker sedert die Europese Parlement Infantino se voorganger, Sepp Blatter, in 2015 gevra het om te bedank.
Sokker: Europese Parlement moedig FIFA aan om Infantino oor Trump se ‘vredesprys’ te ondersoek