# Sokker: Banyana Banyana afrigter, Desiree Ellis sê vanaand se WAFCON-kwarteinrondtewedstryd teen Senegal gaan opwindende spel oplewer. Sy het verwys na Senegal se spoed en fisieke spel. Suid-Afrika is onoorwone tot sover, en is boaan Groep C met ‘n oorweldigende oorwinning van 4-0 oor Mali. Senegal is egter een van die beste derdeplek spanne en mag nie onderskat word nie. Ellis waarsku dat klein verskille deurslaggewend kan wees. Die wedstryd skop vanaand om 9-uur Suid-Afrikaanse tyd af in die Honneur Stadion in Marokko.
Sokker: Ellis verwag ‘n opwinde kwarteindrondte vanaand in Senegal