Skip to content

Sokker: Desiree Ellis nog tot 2029 by Banyana

# Sokker: Desiree Ellis gaan Banyana Banyana nog vier jaar afrig nadat sy haar kontrak tot 2029 verleng het. Sy het na die Olimpiese Spele van 2016 oorgeneem by haar voorganger, Vera Pauw. Safa se president, Danny Jordaan, sê Ellis kan Suid-Afrika nou begin voorberei vir volgende jaar se Afrikabekertoernooi vir vroue nadat hulle vroeër die week gekwalifiseer het. Hy sê hulle moet Banyana ook herbou en kyk na alternatiewe en jonger spelers vir die toekoms.