Skip to content

Sokker: Eindstryd van MTN8 word op 8 September in Mbombela beslis

# Sokker:Die eindstryd van die MTN8 tussen Orlando Pirates en Stellenbosch op die 13de September sal in die Mbombela-stadion in Mpumalanga gespeel word. Die Premierliga het bevestig dat die driemalige verdedigende kampioen, Pirates, as die tuisspan geloot is. Die wedstryd sal ‘n herhaling wees van verlede jaar se eindstryd toe hulle Stellenbosch met 3-1 by die Moses Mabhida-stadion in Durban geklop het. Pirates het Mamelodi Sundowns in die halfeindstryd geklop, terwyl Stellenbosch vir Sekhukhune United verslaan het. Inligting oor kaartjieverkope sal later bekend gemaak word.