# Sokker: Alle oë is vanaand op die Nedbankbeker-eindstryd wanneer Durban City FC teen TS Galaxy op die Nuwe Peter Mokaba-stadion in Polokwane te staan kom. Vanaand se wedstryd is ‘n belangrike geleentheid vir Durban City om ‘n 17 jaar lange trofee droogte vir KwaZulu-Natal-spanne te beëindig. TS Galaxy beoog om hul beroemde 2019-triomf te herhaal. Benewens die silwerware, is die wenner verseker van ‘n aanloklike prys van sewe-miljoen-rand en ‘n plek in die volgende CAF-Konfederasiebeker. Die afskop is om ses uur.
Sokker: Durban City pak TX Galaxy in Nedbankbeker-eindstryd