# Sokker: Die doelwagter, Mohamed El Shenawy sal Al Ahly se volgende vier wedstryde misloop nadat hy die skeidsregter geslaan het nadat hulle wedstryd teen Ceramica Cleopatra met een-elk gelykop geëindig het in die Egiptiese Pro-liga. Hy was op die bank vir Dinsdag se ontmoeting toe hy na bewering aanstoot geneem omdat sy span nie ’n strafskop toegeken is vir ’n handbal-oortreding in bykomende tyd nie. El Shenawy is ook met 15-duisend-rand beboet. Hy sal na verwagting in Egipte se groep wees vir die Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika, wat in Junie begin.
Sokker: Doelwagter mis Al Ahly se volgende vier wedstryde nadat hy skeidsregter slaan