Skip to content

Sokker: Doellose gelykopuitslag vir Bafana Bafana teen Tanzanië in Polokwane

# Sokker: Suid-Afrika en Tanzanië het gisteraand ‘n oninspirerende doellose gelykopuitslag behaal in hul vriendskaplike internasionale wedtryd in die Peter Mokaba-stadion in Polokwane. Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het Deano van Rooyen, Khulumani Ndamane, Simphiwe Selepe en Tshepang Moremi vir die eerste keer in die beginspan ingesluit. Bafana is op Dinsdag 10 Junie terug in die Peter Mokaba-stadion wanneer hulle teen Mosambiek uitdraf in hul volgende vriendskaplike internasionale kragmeting.