# Sokker: Die Paris Saint-Germain-voorspeler Ousmane Dembélé, wat verlede week ’n dyspierbesering opgedoen het, is gesond verklaar en sal môre in hul tweede wedstryd van die Kampioenliga-halfeindstryd teen Arsenal speel. Dembélé is in die 70ste minuut van die eerste wedstyd in Londen van die veld af, nadat hy die enigste doel van die wedstryd in die vierde minuut aangeteken het. Hy het die Ligue 1-nederlaag Saterdag teen Strasbourg misgeloop, maar het weer die begin van die week begin oefen.
Sokker: Dembélé van PSG van besering herstel en sal in die tweede halfeindstryd teen Aresenal speel