# Sokker: Barcelona se middelveldspeler, Frenkie de Jong, het ‘n kontrak tot 2029 geteken. Die 28-jarige Nederlandse internasionale speler het in 2019 van Ajax by Barcelona aangesluit en is die sewende seisoen by die Katalaanse reuse. Hy het twee La Liga-titels gewen asook twee keer die Copa del Rey. De Jong het soms gesukkel om sy spelpeil te handhaaf, maar het verlede seisoen saam met Pedri Gonzalez onder Hansi Flick se leiding ‘n sleutelspeler in die middelveld geword.
Sokker: De Jong teken ‘n nuwe kontrak om tot 2029 by Barcelona te bly