# Die DA sê die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, moet rekenskap gee vir elke rand wat aan Suid-Afrika se 2026 FIFA Wêreldbeker-afvaardiging bestee was. Die party sal druk op McKenzie in die Parlement uitoefen om ‘n volledige uiteensetting van die geraamde uitgawes van 31-miljoen-rand te verskaf, insluitend die rolle wat die 151 afgevaardigdes gespeel het, die borgskappe en die voordele van die reis. Leah Potgieter van die DA sê groter deursigtigheid en verantwoordbaarheid is nodig oor die besteding van openbare fondse:
Sokker: DA plaas druk op minister McKenzie oor Wêreldbeker-uitgawes [KLANK]
ENG PotgieterOnPublicFunds