# Sokker: Die 41-jarige Cristiano Ronaldo het laat blyk dat hy dalk aan die einde van die seisoen gaan uittree. Die Portugese kaptein se kontrak met die Saoedi-Arabiese Pro-liga-kampioen Al-Nassr verstryk volgende jaar. Ronaldo het aan Vogue gesê sy toekoms is beplan, en beklemtoon dat hy baie dinge het om hom besig te hou. Hy het vyf Ballons d’Or’s en vyf Kampioeneliga-titels gewen, asook ligatitels in Engeland, Spanje en Italië en die Europese Kampioenskap en Nasiesliga saam met sy land.
Sokker: Cristiano Ronaldo tree moontlik uit aan einde van seisoen