# Sokker: Die vyfmalige Ballon d’Or-wenner, Cristiano Ronaldo, oorweeg dit om binnekort uit te tree. Die 40-jarige speler van Al Nassr is die voorste doelskieter van alle tye met altesaam 952 vir klub en land. Hy het verlede maand gesê hy mik na duisend doele voordat hy die spel vaarwel roep. Ronaldo het op ‘n vraag wanneer hy sy stewels gaan ophang, net gesê “binnekort”. Hy erken dit sal moeilik wees om sy glinsterende loopbaan te beëindig, maar hy beplan al lank aan sy lewe ná sokker.
Sokker: Cristiano Ronaldo beplan om binnekort uit te tree