# Sokker: Chelsea het die Kampioeneliga-wenners, Paris Saint-Germain, met 3-0 afgeransel om die FIFA-klubwêreldbeker op die MetLife-stadion in New Jersey te wen. Die Engelse voorspeler Cole Palmer het met twee doele geslaag en ʼn derde opgestel vir nuweling João Pedro. Dit het Chelsea die wêreldkampioen-titel besorg ná hul oorwinning in die UEFA-konferensieliga vroeër vanjaar. Palmer, wat as speler van die toernooi aangewys is, sê hulle het twyfelaars verkeer bewys:
Sokker: Cole Palmer skitter terwyl Chelsea met PSG afreken om Klub-wêreldbeker te wen [KLANK]
ENG PalmerOnDoubters