# Sokker: ‘n Chinese span is vir twee jaar verbied om aan Asiatiese kompetisies deel te neem nadat hy in Februarie nie by ‘n belangrike wedstryd opgedaag het nie. Die Superliga-span Shandong Taishan is vroëer ook uit die Kampioeneliga geskop toe hy slegs ure voor ‘n wedstryd teen die Suid-Koreaanse span, Ulsan, onttrek het. Die Asiatiese beheerliggaam het die klub met 900-duisend-rand beboet en hy moet Ulsan ook vergoed vir skade en verliese. Shandong het verduidelik dat hy weens ernstige gesondheidsredes nie ‘n span kon saamstel nie.
Sokker: Chinese span vir twee jaar uit Asiatiese kompetisies verban na hy nie vir ‘n belangrike wedstyd opdaag nie