# Sokker: Voormalige Manchester United sokkerster, Eric Cantona het mede-eienaar, Jim Ratcliffe, en sy luitenante daarvan beskuldig dat hulle die Old Trafford-klub vernietig. Britse miljardêr Ratcliffe het ‘n stormagtige tydperk deurgemaak sedert hy beheer oor United oorgeneem het nadat hy ‘n minderheidsaandeel gekoop het. Die INEOS-eienaar het die hoofafrigter Erik ten Hag afgedank en hom vervang met Ruben Amorim. Daar is min verbetering in die span in die 13de plek op die Premierliga-leer. Ratcliffe het ook kaartjiepryse verhoog en drastiese kostebesparing toegepas, wat tot sowat 450 werksverliese gelei het.
Sokker: Cantona sê Ratcliffe vernietig Manchester United