Skip to content

Sokker: Broos woedend omdat Bafana nie op stadion kan oefen voor kwalifiseringswedstryd teen Benin nie

# Sokker: Bafana Bafana se hoofafrigter Hugo Broos, is woedend omdat sy span nie toegelaat is om te oefen op die stadion in die Ivoorkus waar hulle Benin vandag pak in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder nie. Gister se wedstryd tussen Ivoorkus en Gambië het verhoed dat Suid-Afrika en Benin op die veld kon oefen. Bafana loop tans voor in die kwalifiseringsgroep met Benin tweede. Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê dis nou die halfpadmerk en na vanaand sal hulle’n duideliker prentjie hê van wat hulle nog moet bereik.