# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, waarsku Safa om te verseker die groep junior spelers raak nie in die stelsel verlore nie. Hy het die beheerliggaam gevra vir gereelde kampe en vriendskaplike wedstryde en gesê dis nie genoeg om die jong spelers slegs na die junior Afrikabekertoernooi en die Wêreldbeker te neem nie. Broos sê Suid-Afrika moet met sy beskikbare jong talent werk. Hy sê hy beplan om junior nasionale spelers in die Bafana-stelsel te integreer om ‘n platform te bou vanwaar die land beter kan vaar.
Sokker: Broos waarsku Safa om in jong spelers te belê