# Sokker: Drie Brasiliaanse skeidsregters sal môre se Wêreldbeker-openingswedstryd tussen Suid-Afrika en Mexiko in Mexikostad hanteer. Wilton Sampaio sal die fluitjie dra, met Bruno Pires en Bruno Boschilia sy hulpskeidsregters. Sampaio was ook betrokke by die vorige twee Wêreldbekertoernooie in Katar en Rusland. ‘n Rekordgroep van 52 skeidsregters en 88 hulp-skeidsregters is saamgestel, terwyl aanstellings vir spesifieke wedstryde gewoonlik twee tot drie dae voor die tyd bekendgemaak word. Afskoptyd tussen Bafana Bafana en Mexiko is môreaand nege-uur Suid-Afrikaanse tyd.
Sokker: Brasiliaanse skeidsregterspan behartig Bafana se Wêreldbeker-openingswedstryd teen Mexiko