Skip to content

Sokker: Beseringsgeteisterde Pogba sonder ’n klub nadat Monaco hom vrygestel het

# Sokker: ‘n Lid van Frankryk se Wêreldbeker-kampioenspan van 2018, Paul Pogba, is sonder ‘n klub nadat Monaco hom weens aanhoudende beserings van sy kontrak vrygestel het. Hy is tans langs die kantlyn met ‘n dybesering nadat hy onlangs van ‘n kniebesering herstel het. Die Franse klub sê die doelwitte wat hulle vir die 33-jarige middelveldspeler gestel het, is slegs gedeeltelik bereik. Pogba het voorheen vir die Engelse klub Manchester United en Juventus in Italië gespeel. Hy het 91 wedstryde vir Frankryk van 2013 tot 2022 gespeel en 11 doele aangeteken.