# Sokker: Die Duitse klub Bayer Leverkusen het sy hoofafrigter, Erik ten Hag, afgedank na slegs twee Bundesliga-wedstryde. Ten Hag, wat in Oktober verlede jaar deur die Engelse span Manchester United afgedank is, het in Mei ‘n kontrak tot 2027 onderteken en die leisels oorgeneem by Xabi Alonso, wat na die Spaanse reus Real Madrid verskuif het. Leverkusen se uitvoerende hoof, Fernando Carro, sê die besluit was pynlik, maar noodsaaklik. Die 55-jarige Nederlander het nou die vorige rekord van vyf wedstryde voor afdanking oortref.
Sokker: Bayer Leverkusen dank Erik ten Hag af na slegs twee wedstryde in beheer