# Sokker: Barcelona se beseerde wedstrydwenner, Dani Olmo kan vir drie weke op die kantlyn wees, wat hom van die eerste been van die Kampioene Liga kwarteindstryd teen Borussia Dortmund uitsluit. Olmo, wat ‘n dyspierbesering opgedoen het in Donderdag se 3-0 La Liga oorwinning oor Osasuna, sal die liga-kragmeting teen Girona hierdie naweek misloop, die tweede been van die Spaanse Beker halfeindstryd teen Atletico Madrid, en 9 April se wedstryd teen Dortmund. Die klub sê sy hersteltyd sal sowat drie weke wees.
Sokker: Barcelona is vir drie weke sonder westrydwenner Dani Olmo