# Sokker: Die twee Spaanse spanne, Barcelona en Villareal, gaan mekaar in Desember in Miami, Amerika, pak in die eerste Europese ligawedstryd wat oorsee gespeel word. Die Europese beheerliggaam, UEFA, het vroeër gesê hy is gekant teen oorsese wedstryde, maar sal dit in uitsonderlike omstandighede toelaat, soos die Italiaanse spanne AC Milan en Como se Serie A-wedstryd in Australië in Februarie. Die president van Spanje se La Liga, Javier Tebas, beskryf die wedstryd as ‘n geskiedkundige stap wat Spaanse sokker in ‘n nuwe dimensie plaas.
Sokker: Barcelona en Villareal speel in die eerste oorsese Europese ligawedstryd