Skip to content

Sokker: Barcelona en PSG deur na Kampioeneliga se halfeindronde

# Sokker: Barcelona en Paris St-Germain is deur na die Kampioeneliga se halfeindronde. Die Katalaanse reuse het met 3-1 teen Borussia Dortmund verloor, maar is deur na die laaste vier op ʼn totale telling van 5-3 ná hul tweede kragmeting. Aston Villa het met 3-2 geseëvier in die tweede kragmeting van hulle kwarteindstryd teen PSG by Villa Park, maar is in totaal op 5-4 uitgeskakel. Barcelona kom in die halfeindronde óf teen Inter Milan óf Bayern Munich te staan, terwyl PSG teen die verdedigende kampioene, Real Madrid, of Arsenal sal speel.