# Sokker: Die doelskieter van die Spaanse kampioene, Barcelona, Robert Lewandowski sal die Clasico misloop nadat hy met ‘n dyspierbesering gediagnoseer is. Die 37-jarige het die besering Sondag tydens ‘n Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd vir Pole teen Litoue opgedoen. Die Spaanse media berig dat hy vir vier tot ses weke buite aksie kan wees. Barcelona speel teen La Liga-voorloper Real Madrid in ‘n tradisionele Clasico-wedstryd op 26 Oktober by die Santiago Bernabeu. Hy kan ook onder andere die Kampioene-liga wedstryde teen Olympiakos en Club Brugge misloop.
Sokker: Barca-doelskieter, Lewandowski, gaan Clasico misloop weens dyspierbesering