# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging het bevestig Banyana Banyana se vleuel, Gabriela Salgado, het ‘n suksesvolle operasie ondergaan na sy haar linkerbeen gedurende Dinsdag se WAFCON halfeindronde nederlaag van 2-1 teen Nigerië gebreek het. SAFA sê Salgado herstel in die Mohamed-Six Universiteitshospital in Casablanca. President Cyril Ramaphosa en Nigerië se Super Falcons het haar die beste toegewens en van die spelers het haar in die hospitaal besoek. Dit sal na verwagting ses maande neem vir Salgado om ten volle te herstel terwyl Banyana voorberei vir môre se derdeplek-uitspeelwedstryd teen Ghana.