# Sokker: Banyana Banyana bly gefokus wanneer hulle vanaand hulle titel as wenners van die Afrikabeker-vrouetoernooi begin verdedig in die wedstryd teen Ghana in Marokko. Die spelers sê hulle weet dit gaan ‘n taai kragmeting met die Black Queens wees maar hulle is goed voorberei nadat hulle die vooraf-wedstryde teen Malawi, Botswana en Zambië gewen het. Hulle beklemtoon hulle groepfokus, geestelike veerkragtigheid en spangees. Afrigter Desiree Ellis se span meen hulle is reg om hulle oorwinning van 2022 te herhaal.
Sokker: Banyana geestelik gereed vir vanaand se WAFCON-kragmeting