Skip to content

Sokker: Banyana deur na halfeindronde ná oorwinning oor Senegal

# Sokker: Suid-Afrika het Senegal met vier strafdoele teen een verslaan in ‘n groepkwarteindronde-wedstryd in die Vroue-Afrika-beker by die Honneur-stadion in Oujda, Marokko. Na 120 minute se spel sonder enige doele het Andile Dlamini met uitstekende verdediging vir Desiree Ellis se span twee strafdoele gekeer, met Karabo Dhlamini, Tiisetso Makhubela, Gabriela Salgado en Bambanani Mbane wat koelkop die oorwinning in die strafdoelstryd beklink het. Banyana Banyana is nou deur na die halfeindronde en speel Dinsdag teen die nege-malige Afrika-kampioen, Nigerië. Die ander halfeindronde is Dinsdag tussen die gasvroue Marokko en Ghana.